# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange vonnis verwelkom wat die Pretoriase Streekshof opgelê het aan ‘n leerdervervoerbestuurder van Mamelodi wat ‘n negejarige kind verkrag het. Woordvoerder Lumka Mahanjana sê die 41-jarige Given Mphahlele het die kind in Junie 2021 in sy huis verkrag en gedreig om haar ma te vermoor as sy haar vertel. […]
# The DA in the Garden Route District Municipality has welcomed the municipal council’s approval of the mutual separation agreement with the municipal manager, Monde Stratu. He served as the municipal manager since March 2017. The DA’s Marais Kruger says recent events surrounding the Roads Agency Function illustrated the consequences of poor administrative leadership. He […]
# The National Prosecuting Authority has welcomed the life sentence imposed by the Pretoria Regional Court on a Mamelodi learner transport driver who raped a nine-year-old girl. Spokesperson Lumka Mahanjana says 41-year-old Given Mphahlele raped the child at his home in June 2021 and threatened to kill her mother if she disclosed the incident. She […]
# Die Minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, verwelkom die inhegtenisneming van twee voormalige Binnelandse Sake-amptenare en vier lede van die publiek oor beweerde bedrog en korrupsie. Die saak hou verband met onreëlmatige laat registrasie van ‘n geboorte by die Malamulele-kantoor van Binnelandse Sake in Limpopo. Die Valke het die verdagtes in hegtenis geneem ná […]
# PwC Suid-Afrika se studie toon kunsmatige intelligensie en tegnologieë van die Vierde Nywerheidsrewolusie kan help om die land se sukkelende mynbedryf te laat herleef deur nuwe mineraalbronne te identifiseer en produktiwiteit te verbeter. Die mede-direkteur van Smart Mining, Ian Mackay, het tydens die Myn-vernuwingsuitstalling gesê die sektor word gekniehalter deur dalende beleggings, mynsluitings, onwettige […]
# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika verwag om alle uitstaande beperkingseise verskuldig aan onafhanklike kragprodusente teen einde Augustus te vereffen. Die agterstand het gedaal van twee-miljard-rand in Junie tot 1,5-miljard-rand. Uitvoerende hoof Monde Bala sê bykomende hulpbronne is ontplooi om betalings te bespoedig en vereffeningsprosesse te verbeter. Die eise volg op die toenemende afskaling van […]
# Home Affairs Minister Leon Schreiber welcomed the arrest of two former Home Affairs officials and four members of the public over alleged fraud and corruption linked to the irregular late registration of a birth at the Malamulele Home Affairs office in Limpopo. The Hawks arrested the suspects following an investigation by the department’s Counter […]
# Die vakbondfederasie Cosatu sê die mylpaaloonooreenkoms tussen NUM en die South Deep-myn van Gold Fields sal werknemers die volgende vyf-jaar ondersteun. Die ooreenkoms sluit aanpassings in die behuisingstoelaag, ‘n mediese ongeskiktheidsvoordeel en ‘n begrafnisvoordeel in. Gold Fields het ook ‘n eenmalige kontant-aansporing van 50-duisend-rand goedgekeur vir permanente en vastetermyn-werknemers. Nonzuzo Dlamini van Cosatu sê […]
# Die Stad Kaapstad se Brandweer- en Reddingsdiens het amptelik 35 nuwe junior brandbestryders verwelkom. Hulle het die Brandweerkadet-opleidingsprogram voltooi en was suksesvol in hul aansoeke om beskikbare poste. Die groep sal ontplooi word in brandweerstasies reg oor die stad. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê die nuwe brandbestryders sluit by die […]