# Die Afrika-ontwikkelingsbank het ‘n reaksieplan ter waarde van tot 82-miljard-rand goedgekeur om Afrikalande te help tydens die wêreldwye energie- en kunsmiskrisis. Die plan sal befondsing voorsien om voedsel-, energie- en kunsmisvoorrade te beskerm en kwesbare huishoudings ondersteun. Die bank sal elke land se kwesbaarheid beoordeel volgens die erns van hul energie- en kunsmisuitdagings en […]
# Atletiek: Die Statebond-kampioen, Sinesipho Dambile, lei Suid-Afrika se span in die naweek se eerste Wêreldatletiek-Ultimate kampioenskap in Boedapest, Hongarye. Hy sal aan die mans-100-meter deelneem saam met Akani Simbine en Gift Leotlela, terwyl Zakithi Nene aan die mans-400-meter sal deelneem. Prudence Sekgodiso sal wegspring in die vroue-800-meter en Marioné Fourie in die vroue-100-meter-hekkies. Die […]
# Tennis: Die vier top-gekeurde vroue gaan sake uitspook vir ‘n plek in die Amerikaanse Ope se eindstryd. Die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, wat mik na ’n derde agtereenvolgende titel op Flushing Meadows, pak die Amerikaner Jessica Pegula in die voorlaaste ronde. Sabalenka het Pegula in 2024 die titel ontneem. Die nuwe wêreld-nommer-een, […]
# Rugby: Die Springbok-slot Eben Etzebeth sê Saterdag se vierde en laast toets teen die All Blacks in Baltimore gaan ‘n riller-stryd wees, want hulle wil die reeks drie-een beklink. ‘n Nederlaag sal dit gelykop laat eindig. Die 34-jarige Etzebeth sal sy rekord vir die meeste Springbok-toetse tot 146 verhoog. Hy kan nie wag vir […]
# Die Stad Tshwane sê verskeie gebiede in Babelegi en omstreke kan vandag beplande wateronderbrekings verwag. Daar word tans noodsaaklike instandhouding gedoen aan ʼn meganiese onderdeel in Magalies Water se voorsieningstelsel. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê die instandhoudingswerk sal na verwagting tot agtuur vanaand duur:
# Die DA sê die ANC-geleide regering van Tshwane vier sogenaamde finansiële herstel, gegrond op ongeouditeerde finansiële state wat nie geopenbaar is nie. Woordvoerder Jacqui Uys sê brandweer-voertuie is weens wanbetaling teruggeneem, terwyl waterlekkasies skerp toeneem en waterverlies op 48-persent staan. Sy sê inwoners beleef nie finansiële herstel deur ongeouditeerde sigblaaie nie, maar wanneer daar […]