Skip to content

Tennis: Top vier gaan sake uitspook vir ‘n plek in die Amerikaanse Ope se vroue-eindstryd

# Tennis: Die vier top-gekeurde vroue gaan sake uitspook vir ‘n plek in die Amerikaanse Ope se eindstryd. Die verdedigende kampioen, Aryna Sabalenka van Belarus, wat mik na ’n derde agtereenvolgende titel op Flushing Meadows, pak die Amerikaner Jessica Pegula in die voorlaaste ronde. Sabalenka het Pegula in 2024 die titel ontneem. Die nuwe wêreld-nommer-een, Elena Rybakina van Kazakstan, speel teen ‘n voormalige kampioen, die Amerikaner Coco Gauff. Dis die eerste keer sedert Wimbledon in 2009 dat al vier die topgekeurdes van ’n Grand Slam-toernooi die halfeindronde haal.