# ‘n Verklikker van die Departement van Vervoer, Esethu Hasane, sê hy vrees vir sy lewe nadat hy beweerde onreëlmatighede van miljoene rand aan die lig gebring het. Die senior amptenaar is bekommerd oor twyfelagtige kommunikasiekontrakte en besteding. Die bewerings sal na verwagting onder die vergrootglas kom wanneer owerhede die betrokke verkrygingsprosesse ondersoek. Hasane het […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het beloof om 80-duisend-rand aan elke volwasse Amerikaner te betaal indien sy Republikeinse Party in November se tussenverkiesing beheer behou oor die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Hy het die omstrede belofte gemaak tydens ‘n marathontoespraak op die Republikeinse tussenverkiesingskongres in Dallas. Dit kan meer as 16-duisend-miljard-rand kos. […]
# Motorsport: Brad Binder van Suid-Afrika gaan volgende jaar sy FIM Superbike Wêreldkampioenskap-buiging vir BMW maak. Die 30-jarige verlaat MotoGP na sewe seisoene waartydens hy twee wedrenne gewen het. Binder sal nou saam met Miguel Oliveira jaag wat voorheen sy spanmaat in 125 Grand Prix-wedrenne in Moto2 en MotoGP was. BMW Motorrad Motorsport se spanhoof, […]
# Die Sentrale Energiefonds gaan voort met planne om die ongebruikte Sapref-raffinadery in Durban weer in bedryf te stel om Suid-Afrika se olieraffinaderyvermoë te verdriedubbel. Uitvoerende hoof Tshepo Mokoka sê die herontwikkeling sal in drie fases geskied. Die eerste fase behels die gebruik van bestaande infrastruktuur om verwerkte brandstofprodukte in te voer. Die langtermyndoel is […]
# Iran veroordeel die Internasionale Atoomenergie-agentskap se besluit oor sy beweerde versuim om aan kernverpligtinge te voldoen. Die raad van goewerneurs van die Verenigde Nasies se kernwaghond het Teheran na die VN-Veiligheidsraad verwys omdat hy versuim om toegang tot sy voorraad kernmateriaal te verleen vir inspeksie. Die voorstel is deur Amerika, Frankryk, Brittanje en Duitsland […]
# Die Afrika-ontwikkelingsbank het ‘n reaksieplan ter waarde van tot 82-miljard-rand goedgekeur om Afrikalande te help tydens die wêreldwye energie- en kunsmiskrisis. Die plan sal befondsing voorsien om voedsel-, energie- en kunsmisvoorrade te beskerm en kwesbare huishoudings ondersteun. Die bank sal elke land se kwesbaarheid beoordeel volgens die erns van hul energie- en kunsmisuitdagings en […]