# Die Verenigde Nasies se inwonende koördineerder in Suid-Afrika, Nelson Muffuh, sê die land ondervind ‘n kritieke uitdaging om ambisieuse ontwikkelingsplanne in werklike gevolge te omskep. Hy het aan die SABC gesê Suid-Afrika het ‘n sterk grondslag ten opsigte van beleide, hervormings en vennootskappe, maar inwerkingstelling is noodsaaklik. Werkloosheid van 33,6-persent en ekonomiese groei van […]
# Korrektiewe Dienste het bevestig ‘n gevangene wat uit die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum in Noordwes ontsnap het, is binne 72-uur aangekeer deur die departement en wetstoepassingsagentskappe. Nasionale kommissaris Makgothi Thobakgale sê Edward Madiba dien ‘n vonnis van 20-jaar uit vir roof, die onwettige besit van ‘n vuurwapen, ontvoering en die oortreding van sy paroolvoorwaardes. […]
# Rusland maak toenemend gebruik van vinniger, straalaangedrewe hommeltuie om teikens in Oekraïne aan te val. Oekraïne se Weermag het aan die BBC gesê die aantal aanvalle met straalaangedrewe hommeltuie het toegeneem van 350 in Junie tot een-duisend-600 in Julie en twee-duisend-800 in Augustus. Dit vlieg teen meer as 480-kilometer per uur, aansienlik vinniger as […]
# Inwoners van die Matimba Heights-woonstelle in Mamelodi-Oos, Tshwane, leef in onveilige toestande te midde van bewerings oor swak vakmanskap. Die DA-lid, Ofentse Madzebatela, sê vensters val uit, dakke lek en waterpype is beskadig. Die party sal vrae by die Gautengse wetgewer indien om vas te stel wanneer ‘n nuwe kontrakteur aangestel word. Inwoners sê […]
# President Volodimir Zelensky sê sy besoek aan Kanada sal fokus op ondersteuning vir Oekraïne se lugverdediging en voorbereiding vir die winter. Hy sê verskeie belangrike vergaderings en ooreenkomste word beplan, en hy sal ook met eerste minister Mark Carney vergader. Oekraïne se lugverdediging is toenemend onder druk namate Rusland sy hommeltuig- en missielaanvalle verskerp […]
# Die korrupsiesaak teen die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sal Woensdag hervat in die Hooggeregshof in Pretoria. Henry Mamothame van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie sê dis uitgestel nadat haar regsverteenwoordiger ‘n mediese sertifikaat ingedien het. Mapisa-Nqakula staan tereg op talle aanklagte van korrupsie en geldwassery. Mamothame sê sy word daarvan beskuldig […]
# Suid-Afrika se nuwe inflasieteiken van drie-persent blyk veerkragtig te wees ondanks stygende internasionale prysdruk. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank is daar ‘n 78-persent kans dat inflasie binne sy spelings-band van twee- tot vier-persent sal bly indien groot skokke vermy word. Die bank sê beter geankerde inflasieverwagtinge help om die ekonomie te beskerm. Olie bly die […]