Nuus 13:00
BULLETIN 10 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Verklikker van die Departement van Vervoer vrees vir sy lewe
# Donald Trump beloof 80-duisend-rand aan elke volwasse Amerikaner as die Republikeine die middeltermynverkiesing wen
# En tennis: Shelton of Tiafoe kan die eerste plaaslike manskampioen in die Amerikaanse Ope word sedert 2003
# ‘n Verklikker van die Departement van Vervoer, Esethu Hasane, sê hy vrees vir sy lewe nadat hy beweerde onreëlmatighede van miljoene rand aan die lig gebring het. Die senior amptenaar is bekommerd oor twyfelagtige kommunikasiekontrakte en besteding. Die bewerings sal na verwagting onder die vergrootglas kom wanneer owerhede die betrokke verkrygingsprosesse ondersoek. Hasane het aan die SABC gesê sy persoonlike veiligheid word tans bedreig:
# Die Sentrale Energiefonds gaan voort met planne om die ongebruikte Sapref-raffinadery in Durban weer in bedryf te stel om Suid-Afrika se olieraffinaderyvermoë te verdriedubbel. Uitvoerende hoof Tshepo Mokoka sê die herontwikkeling sal in drie fases geskied. Die eerste fase behels die gebruik van bestaande infrastruktuur om verwerkte brandstofprodukte in te voer. Die langtermyndoel is dan om ‘n vermoë van tot 650-duisend vate per dag te bereik. Sapref is in 2024 vir slegs een-rand gekoop nadat vloedskade sy sluiting veroorsaak het. Geen befondsing of tydlyne is aangekondig nie.
Die Afrika-ontwikkelingsbank het intussen ‘n reaksieplan ter waarde van tot 82-miljard-rand goedgekeur om Afrikalande te help tydens die wêreldwye energie- en kunsmiskrisis. Die plan sal befondsing voorsien om voedsel-, energie- en kunsmisvoorrade te beskerm en kwesbare huishoudings ondersteun. Die bank sal elke land se kwesbaarheid beoordeel volgens die erns van hul energie- en kunsmisuitdagings en die plan sal dan op aanvraag beskikbaar gestel word aan lande wat aansoek doen.
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het beloof om 80-duisend-rand aan elke volwasse Amerikaner te betaal indien sy Republikeinse Party in November se tussenverkiesing beheer behou oor die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Hy het die omstrede belofte gemaak tydens ‘n marathontoespraak op die Republikeinse tussenverkiesingskongres in Dallas. Dit kan meer as 16-duisend-miljard-rand kos. Trump beweer sy tweede termyn was die suksesvolste twee jaar in die geskiedenis van die Amerikaanse presidensie:
# Tennis: Ben Shelton of Frances Tiafoe kry Sondag die kans om die eerste plaaslike mans-kampioen in die Amerikaanse Ope in 23-jaar te word. Die agste-gekeurde Shelton en die elfde-gekeurde Tiafoe pak mekaar môre. Shelton het die tweede-gekeurde Spanjaard en verdedigende kampioen, Carlos Alcaraz, in die kwarteindronde in ‘n vyfstel-riller verslaan wat eers half-vier die oggend in New York klaargemaak het. Tiafoe het ook vyf stelle nodig gehad om sy landgenoot Alex Michelson te verslaan. Andy Roddick was in 2003 die laaste Amerikaanse man om die toernooi te wen.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-6-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 21-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-154-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-394-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 103-dollar-74-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….