# Die Vereniging van Staatsamptenare het ‘n mylpaaluitspraak deur die Internasionale Hof van Justisie verwelkom wat bevestig die reg om te staak word deur internasionale reg beskerm. Claude Naicker van die vakbond sê die besluit versterk wêreldwyd die vryheid van assosiasie en kollektiewe bedingingsregte vir werkers. Hy sê die uitspraak versterk grondwetlike beskerming in Suid-Afrika […]
# Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n onwettige vervaardigingsaanleg vir gewigsverliesmedisyne in Silverton, Pretoria, gesluit na klagtes oor ongereguleerde vervaardiging. Die fabriek het semaglutied en tirzepatide sonder behoorlike magtiging vervaardig. Woordvoerder, Mokgadi Fafudi, sê inspekteurs en die Suid-Afrikaanse Aptekersraad, het tydens ‘n klopjag onverklaarde aktiewe bestanddele en produkte ontdek. Sy sê die operasie was […]
# AfriForum het die Gautengse Departement van Vervoer gewaarsku om sy beplande nuwe nommerplaatprojek te staak of regstappe te verwag. Die burgerregte-organisasie voer aan die projek moet opgeskort word tot die Mededingingstribunaal sy saak voltooi het teen drie vervaardigers wat beskuldig word van prysvasstelling vir nommerplate. Louis Boshoff van AfriForum sê die regering was nie […]
# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, vra bestuurskundiges om Afrika se generasierykdom te beskerm en verantwoordingstelsels te versterk. Gcaleka het tydens die Afrika-federasie van Interne Ouditeurs se forum oor korporatiewe regering gewaarsku korrupsie is steeds diep ingeburger en kos Afrika jaarliks miljarde. Sy het korrupsie beskryf as ‘n gekoördineerde stelsel, aangevuur deur swak toesig en […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, veroordeel wat hy noem, die toenemende anti-Afrika onverdraagsaamheid wat as patriotisme vermom word. Maimane het op Afrikadag gewaarsku teen bewegings wat mede-Afrikane deur geweld en diskriminasie teiken. Hy het gesê sulke optrede verraai die gees van Ubuntu en Pan-Afrika-eenheid wat deur leiers soos die anti-koloniale […]
# Pous Leo het regerings gemaan om die ontwikkeling van kunsmatige intelligensie-stelsels streng te reguleer en gewaarsku dit kan waninligting versprei, konflik aanhits en die wêreld op ‘n pad van onophoudelike oorlog plaas. In sy eerste omvangryke dokument, getiteld Magnificent Humanity, het hy ook kommer uitgespreek dat leiers oorloë kan begin om burgers se aandag […]
# Nuwe forensiese bewyse in die Phala Phala-inbraakverhoor laat twyfel ontstaan oor president Cyril Ramaphosa se bewering dat ongeveer tien miljoen rand in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel is. Volgens MDN News het ondersoekers van die Valke aan die Modimolle-streekhof in Limpopo gesê die finansiële ontleding verbind die beskuldigdes met meer as 15-miljoen-rand […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement word gekritiseer ná onthullings dat byna 40-duisend personeellede wat met kinders werk, nie volledig nagegaan is teen die Nasionale Register vir Seksuele Oortreders en die Nasionale Kinderbeskermingsregister nie. Die DA-lid Michael Waters sê dit hou ‘n gevaar in vir kwesbare pasiënte, insluitend kinders in hospitale en klinieke. Hy vra dringende, verpligte […]