# Action Society het die minister van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, versoek om ouers en versorgers beheerde toegang te gee tot inligting oor volwassenes wat skuldig bevind is aan seksuele oortredings teen kinders. Die organisasie voer aan die geheimhouding rondom die nasionale register vir seksoortreders, stel ouers nie in staat om hul kinders […]
# Die DA in die Wes-Kaap vra veilige en betroubare openbare vervoer te midde van moontlike ontwrigting in Golden Arrow-busdienste. Dit volg nadat die hof ‘n interdik toegestaan het om ‘n beplande staking deur werknemers te voorkom. Die DA-lid, Nomafrench Mbombo, sê die Stad Kaapstad brei sy MyCiTi-dienste uit na gebiede soos Khayelitsha, Lansdowne en […]
# Navorsers sê bewyse uit Indonesië dui daarop dat mense moontlik psigoaktiewe plante 25-duisend jaar gelede gebruik het. Die studie fokus op antieke plantoorskotte wat in ‘n grot op die eiland Sulawesi ontdek is, onder meer tekens van natuurlike stowwe wat die brein kan affekteer. Wetenskaplikes sê die bevindings skuif die vroegste bekende bewyse van […]
# Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in Julie met 7,5-persent op ‘n jaargrondslag gedaal, hoofsaaklik weens afnames in die produksie van platinumgroepmetale, steenkool en ystererts. Verkope van minerale het ook met 5,6-persent afgeneem, terwyl goudverkope met meer as 33-persent getuimel het. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê seisoenaal aangepaste mineraalverkope het op ‘n maandelikse grondslag […]
# Huidige data van die Sentrale Energiefonds dui op groot brandstofprysstygings volgende maand, wat petrolpryse na ‘n rekordhoogtepunt kan opjaag en dieselpryse laat styg tot naby die rekordhoogtepunt in Mei. In hierdie stadium kan petrolpryse op 7 Oktober met ongeveer twee-rand-vyf-sent styg, en dieselpryse kan met tussen een-rand-65- en een-rand-98-sent per liter styg. Dit word […]
# Die Stad Johannesburg rig ‘n dringende waarskuwing aan inwoners en eiendomseienaars ná ‘n toename in goed-beplande bedrogskemas wat munisipale rekeninghouers teiken. Swendelaars doen hulle voor as amptenare of kontrakteurs van Stad Johannesburg, Johannesburg Water en City Power, en nader inwoners deur bedrieglike e-posse, SMS’e, telefoongesprekke en besoeke. Die stad se woordvoerder, Poppy Louw, sê […]