# Huidige data van die Sentrale Energiefonds dui op groot brandstofprysstygings volgende maand, wat petrolpryse na ‘n rekordhoogtepunt kan opjaag en dieselpryse laat styg tot naby die rekordhoogtepunt in Mei. In hierdie stadium kan petrolpryse op 7 Oktober met ongeveer twee-rand-vyf-sent styg, en dieselpryse kan met tussen een-rand-65- en een-rand-98-sent per liter styg. Dit word toegeskryf aan die prys van ruolie, met Brent wat gister die eerste keer sedert laat Julie oor die 100-dollar per vat gestyg het as gevolg van die toenemende konflik in die Midde-Ooste.
Data dui op meer brandstof-pyn in Oktober