Nuus 12:00
BULLETIN 10 September 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Sentrale Energiefonds bevorder planne vir die herontwikkeling van die Sapref-raffinadery
# Die DA sê minister Schreiber wys Binnelandse Sake se digitale hervorming aan die wêreld
# En motorsport: Brad Binder van Suid-Afrika verlaat MotoGP om by BMW aan te sluit in die Superbike-wêreldkampioenskap
# Die Sentrale Energiefonds gaan voort met planne om die ongebruikte Sapref-raffinadery in Durban weer in bedryf te stel om Suid-Afrika se olieraffinadery-vermoë te verdriedubbel. Uitvoerende hoof Tshepo Mokoka sê die herontwikkeling sal in drie fases geskied. Die eerste fase behels die gebruik van bestaande infrastruktuur om verwerkte brandstofprodukte in te voer. Die langtermyndoel is dan om ‘n vermoë van tot 650-duisend vate per dag te bereik. Sapref is in 2024 vir slegs een-rand gekoop nadat vloedskade sy sluiting veroorsaak het. Geen befondsing of tydlyne is aangekondig nie.
# Die KwaZulu-Natalse polisie het ‘n derde verdagte, ʼn 40-jarige vrou, aangekeer vir die moord op die musikant Warrick “DJ Warras” Stock buite ʼn gekaapte gebou in die Johannesburgse middestad in Desember. ‘n Mosambiekse burger, Armando Pacula, is verlede maand tot 25-jaar tronkstraf gevonnis nadat hy erken het hy het Stock geskiet. Die saak teen die vermeende meesterbrein, Victor Majola, duur voort. Polisiewoordvoerder Robert Netshiunda sê die vrou sal binnekort voorkom:
# Die DA sê die huidige digitale hervorming in Binnelandse Sake wys die departement beweeg weg van rye, stelselonderbrekings en onbevoegdheid. Minister Leon Schreiber woon dié week ‘n kongres in Dubai by waar die departement se snelveranderende digitale hervorming vertoon word. DA-woordvoerder Adrian Roos sê Binnelandse Sake het onder Schreiber ‘n ambisieuse program begin om outydse papier- en menslike prosesse met akkurate digitale stelsels te vervang om oordeelsfoute en bedrog te voorkom:
Nuus uit die buiteland:
# Iran veroordeel die Internasionale Atoomenergie-agentskap se besluit oor sy beweerde versuim om aan kernverpligtinge te voldoen. Die raad van goewerneurs van die Verenigde Nasies se kernwaghond het Teheran na die VN-Veiligheidsraad verwys omdat hy versuim om toegang tot sy voorraad kernmateriaal te verleen vir inspeksie. Die voorstel is deur Amerika, Frankryk, Brittanje en Duitsland opgestel. Iran se ambassadeur by die VN, Reza Najafi, sê dis onder politieke druk van Amerika aanvaar:
# Motorsport: Brad Binder van Suid-Afrika gaan volgende jaar sy FIM Superbike Wêreldkampioenskap-buiging vir BMW maak. Die 30-jarige verlaat MotoGP na sewe seisoene waartydens hy twee wedrenne gewen het. Binder sal nou saam met Miguel Oliveira jaag wat voorheen sy spanmaat in 125 Grand Prix-wedrenne in Moto2 en MotoGP was. BMW Motorrad Motorsport se spanhoof, Sven Blusch, sê Binder kom nie slegs na WorldSBK om sy loopbaan te verleng nie, maar het sy oog op die Wêreldkampioenskapstitel.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-4-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 78-duisend-84-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-405-dollar-25-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 103-dollar-31-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….