# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê die stad en taxi-verenigings sal saamwerk om veiliger ruimtes vir vroue en gemeenskappe te skep. Dit volg ná die ontdekking van die liggame van nege vroue in Ekurhuleni. Morero het op die eerste Johannesburgse Burgemeesters-lesing in die Soweto-teater gesê gemeenskapsveiligheid bly noodsaaklik. Hy sê taxi-operateurs sal help om […]
# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Sipho Hlomuka, het die twee gewelddadige aanvalle by skole . ‘n Sekerheidsbeampte is Vrydagaand dood tydens ‘n rooftog by die Inanda Comprehensive High School. Drie matriekleerders is buite die Bukimvelo High School in die Ezibayeni-gebied geskiet nadat hulle ‘n hersieningsklas bygewoon het. Hulle is met ernstige beserings in die […]
# Die sakeman Joe “Ferrari” Sibanyoni sê die veiligheidsonderneming Gubis85 het vir hom ‘n bakkie geskenk as ‘n blyk van waardering vir hul verhouding. Hy het voor die Madlanga-kommissie getuig die onderneming het skriftelik bevestig die geskenk is vir sy verjaarsdag en hou nie verband met enige kontrak, guns of verkrygingsgeleentheid nie. Sibanyoni het op […]
# Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente het bevestig die befondsing vir 357 studente in uitgebreide programme van die Nelson Mandela-universiteit se kampusse in Gqeberha in die Oos-Kaap en George in die Wes-Kaap is herstel. Dis vroeër teruggetrek weens foutiewe kwalifikasiekodes. Die aankondiging is gedoen tydens die amptelike besoek van die adjunkminister van Hoër Onderwys, […]
# President Cyril Ramaphosa het op die ANC-veteraneliga se presidensiële gholfdag reageer op die moorde op nege vroue in Ekurhuleni en sê mans moet meer doen om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. Hy herhaal die onding van geslagsgeweld en vrouemoord is ‘n nasionale krisis. Ramaphosa sê mans moet vroue respekteer en eerbiedig, terwyl die regering […]
# Die polisie sê die moord op Jabulile Ntimba, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is, hou moontlik verband met ‘n liefdesdriehoek. ‘n Man en twee vroue is in hegtenis geneem en sou na verwagting vandag in die Boksburgse Landdroshof verskyn. Die adjunk-nasionale polisiekommissaris, Tebello Mosikili, het op ‘n nuuskonferensie gesê voorkeur […]
# Die Departement van Gesondheid sê ‘n sosiale byeenkoms in Kaapstad word verbind met A-pokke-besmettings in die Wes-Kaap. Woordvoerder Foster Mohale sê feitlik almal wat positief getoets het, was die afgelope vier weke op dieselfde geleentheid. Die aantal bevestigde A-pokke-gevalle in die land het tot 18 gestyg, met bygewerkte syfers wat vandag verwag word. Mohale […]