# Drie minderjariges is in Kaapstad in hegtenis geneem ná ‘n breek-en-gryp-diefstal uit ‘n voertuig wat die aantal verdagtes wat in sulke sake aangekeer is, op minstens elf oor ‘n tydperk van vyf weke te staan bring. Een van die verdagtes is met die slagoffer se selfoon gevind. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP […]
# Presley Gerber, die seun van die Amerikaanse supermodel Cindy Crawford, en sakeman Rande Gerber, is op 27 oorlede. Los Angeles se lykskouer sê hy is in ‘n rehabilitasie-sentrum dood, maar die oorsaak is nie bekend gemaak nie. Gerber het sy ma en jonger sussie, Kaia, na die modelwêreld gevolg en vir groot modename soos […]
# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het Korrektiewe Dienste-week 2026 amptelik in die Goodwood-kunsgalery in Kaapstad geopen. Die veldtog bevorder rehabilitasie deur kuns en kunsvlyt, asook gemeenskapsdeelname aan die herintegrasie van oortreders, misdaadvoorkoming en sterker vennootskappe vir die bemarking van produkte wat deur oortreders vervaardig word. Nege galerye landswyd sal produkte ten toon […]
# Die Amerikaanse nuusorganisasies, CNN, MSNBC en Politico, dagvaar die Trump-administrasie oor die herroeping van hul persakkreditasie by die Withuis. Die drie organisasies beweer die akkreditasie is teruggetrek nadat die Withuis beswaar gemaak het oor hul beriggewing. Hulle voer aan hierdie stap skend hul regte ingevolge die Eerste Amendement en hou ‘n bedreiging in vir […]
# Die FW de Klerk-stigting het hom gedistansieer van uitlatings deur sy uittredende uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, oor spanning tussen Suid-Afrika en Amerika. News24 berig die stigting sê Van der Rheede het ongemagtigde verklarings gemaak nadat hy sy bedanking ingedien het. Die stigting het hom ook die reg ontneem om tot en met […]
# Roei: Die Fitzroy-rivier in Queensland, Australië is die tuiste vir sowat 500 soutwaterkrokodille, maar gaan gebruik word vir roei-items tydens die 2032-Olimpiese Spele in Brisbane. Die sogenaamde “salties” kom in vars- en soutwater voor en kan langer as ses meter word. Die rivier voldoen aan die vereistes vir roei- en kanowedvaarte. Die driemalige Olimpiese […]
# Ontruimings is in dele van die Tokio-gebied gelas soos die kragtige tifoon Dujuan die Stille Oseaan-kus in Japan nader en stortreën en sterk wind meebring. Japan se weerdiens waarsku toestande kan vinnig versleg namate die storm die hoofstad nader. Meer as 300 millimeter reën het sedert Saterdag uitesak in dele van die Izu-eilande en […]