Skip to content

Korrektiewe Dienste-week 2026 bevorder rehabilitasie deur kuns

# Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het Korrektiewe Dienste-week 2026 amptelik in die Goodwood-kunsgalery in Kaapstad geopen. Die veldtog bevorder rehabilitasie deur kuns en kunsvlyt, asook gemeenskapsdeelname aan die herintegrasie van oortreders, misdaadvoorkoming en sterker vennootskappe vir die bemarking van produkte wat deur oortreders vervaardig word. Nege galerye landswyd sal produkte ten toon stel wat as deel van die departement se Selfvoorsiening- en Volhoubaarheidsprogram vervaardig word. Die doel is om rehabilitasie, vaardigheidsontwikkeling en die herintegrasie van oortreders te versterk. Die minister sal ook die nasionale wenner van die Departement van Korrektiewe Dienste se Tuinprojek aankondig.