# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het ‘n ondersoek van stapel gestuur na magsverhoudings tussen geslagte in die Oos-Kaapse wetgewer. Ondersoek sal ingestel word na bewerings en kommer oor afknouery, teistering, intimidasie, seksuele teistering, magsmisbruik en vergeldende optrede. Die kommissie sal kyk na hoe klagtes aangemeld, ondersoek en hanteer word en of daar voldoende stelsels is […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering het nie die name ontvang van Suid-Afrikaners wat nie Amerika mag binnegaan nie. Hy het gepraat by die Johannesburgse buiteklub tydens die ANC-veterane-liga se presidensiële gholfdag. Ramaphosa sê Suid-Afrika sal sy soewereiniteit beskerm terwyl hy voortgaan met diplomatieke skakeling met Washington. Hy beskryf Amerika as ‘n belangrike handelsvennoot […]
# Derduisende werkers in die Duitse motorbedryf neem aan landwye betogings deel nadat Volkswagen AG ‘n winswaarskuwing uitgereik het. Die betogings, wat deur die vakbond IG Metall op meer as 280 geleenthede gereël is, fokus op werksekerheid en regeringsingryping teen hoë vervaardigingskoste. ‘n Volskaalse staking is nog nie amptelik van stapel gestuur nie, maar die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het die Amerikaanse president, Donald Trump, se Afrikaner-hervestigingsprogram gekritiseer as ‘n rasgegronde benadering. Hy het op die Afrika-diasporaforum in Washington met beleidmakers gepraat oor die versterking van bande nadat Amerika nuwe beperkings op Suid-Afrikaanse amptenare ingestel het oor grond-onteiening. Die ontleder Oscar van Heerden sê […]
# Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, sê die nasionale uitvoerende komitee sal besluit oor die geskil met die Verkiesingskommissie. Die party het versuim om betyds 181 kandidate te registreer in ses munisipaliteite in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, en hul name verskyn nou nie op die finale kandidatelyste nie. Die Kieshof het die […]
# Die Verkiesingskommissie sê aansoeke vir spesiale stemme vir November se plaaslike regeringsverkiesing is nou amptelik oop.Geregistreerde kiesers wat nie op verkiesingsdag by hul aangewese stempunt kan stem nie, word aangemoedig om aansoek te doen om op ‘n voorafbepaalde dag te stem. Hierdie voorsiening is vir kiesers wat fisiek verswak, gestremd of swanger is of […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom veranderings wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir die 2027-befondsingsiklus instel. Aansoeke vir befondsing is nou oop, met voornemende studente wat tot 18 November 2026 aansoek kan doen. Die skema het verskeie veranderings vir die 2027-siklus ingestel, insluitend die regstreekse verkryging van studente-inligting vanuit instellings se stelsels, asook […]