Nuus 13:00
BULLETIN 21 September 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa gee toe die regering moet aanspreeklikheid aanvaar vir geslagsgeweld
# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging gelas leefstyloudits van amptenare
# En krieket: Australië kom in Suid-Afrika aan vir die eendag- en toetsreeks teen die Proteas
# President Cyril Ramaphosa sê die regering moet aanspreeklikheid aanvaar vir die beskerming van vroue teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het op die ANC-veteraneliga se presidensiële gholfdag in Johannesburg reageer op die ontdekking van nege liggame in Ekurhuleni. Ramaphosa sê die regering kan nie verskonings maak wanneer vroue mishandel, verkrag of vermoor word nie. Hy beklemtoon vroue moet te alle tye veilig in strate kan beweeg en die regering moet daadwerklik optree:
Intussen waarsku die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling gemeenskappe om nie stil te bly oor hierdie kwessie of dit te ignoreer nie. Die 24-uur Geslagsgeweld-sentrum het tussen 1 en 16 September ‘n aansienlike toename in oproepe aangemeld, naamlik ses-duisend-782 oproepe wat neerkom op gemiddeld 424 per dag. Die departement se woordvoerder, Sandy Godlwana, sê dis ʼn toename van 21-persent teenoor dieselfde tydperk in Augustus, toe die sentrum gemiddeld 350 oproepe per dag ontvang het:
# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het leefstyl-oudits gelas van ondersoekers van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, aanklaers en senior bestuurders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Dit volg ná verdoemende getuienis voor die Madlanga-kommissie. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid het slegs 16 nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en staatsondernemings die eenheid die afgelope twee tot drie jaar versoek om leefstyl-oudits uit te voer. Mothibi het aan News24 gesê die oudits sal in fases ingestel word en begin met uitvoerende en bestuurspanne.
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê sardynvrektes neem af, met geen nuwe gevalle van grootskaalse sterftes aangemeld nie. Die enigste nuwe geval die afgelope week was sardyne wat naby die Wildekus in Pondoland in die Oos-Kaap uitgespoel het. Woordvoerder Zolile Nqayi sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is, bly tot 2 Oktober van krag. Hy sê almal met ‘n vangsreg mag net 25-persent van hul oorblywende sardynkwota vang. Nqayi sê die werkgroep vir klein pelagiese vissoorte sal volgende Dinsdag weer na die situasie kyk.
# Krieket: Suid-Afrika se aartsvyand, Australië, kom vandag in die land aan vir ‘n toer van drie eendagwedstryde en drie toetse. Die besoekers het Zimbabwe pas 3-0 geklop in ‘n eendagreeks, hoewel gister se laaste kragmeting ‘n naelbytstryd was wat Australië eers van die voorlaaste bal kon wen met nege paaltjies plat. Die Proteas het intussen talle gereelde spelers ruskans gegee tydens die onlangse besoek aan Namibië. Die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië word Donderdag in Durban gespeel, en die eerste toets begin op dieselfde veld op 9 Oktober.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-26-sent teen die dollar, 18-rand-67-sent teen die euro en 21-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 84-duisend-105-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-349-dollar-67-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 102-dollar-73-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….