# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta verwelkom veranderings wat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente vir die 2027-befondsingsiklus instel. Aansoeke vir befondsing is nou oop, met voornemende studente wat tot 18 November 2026 aansoek kan doen. Die skema het verskeie veranderings vir die 2027-siklus ingestel, insluitend die regstreekse verkryging van studente-inligting vanuit instellings se stelsels, asook […]
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing sê sardynvrektes neem af, met geen nuwe gevalle van grootskaalse sterftes aangemeld nie. Die enigste nuwe geval die afgelope week was sardyne wat naby die Wildekus in Pondoland in die Oos-Kaap uitgespoel het. Woordvoerder Zolile Nqayi sê die tydelike voorsorgmaatreël wat ingestel is, bly tot 2 […]
# Die DA sê maande ná minister Gayton McKenzie se Wêreldbeker-reis kan die Departement van Sport, Kuns en Kultuur steeds nie ‘n finale verslag oor die bykans 31-miljoen-rand wat bestee is voorlê nie. McKenzie word gekritiseer omdat hy nog nie ‘n volledige uiteensetting van die uitgawes verskaf het nie, of verduidelik waarom ‘n afvaardiging van […]
# President Cyril Ramaphosa sê die regering moet aanspreeklikheid aanvaar vir die beskerming van vroue teen geslagsgeweld en vrouemoord. Hy het op die ANC-veteraneliga se presidensiële gholfdag in Johannesburg reageer op die ontdekking van nege liggame in Ekurhuleni. Ramaphosa sê die regering kan nie verskonings maak wanneer vroue mishandel, verkrag of vermoor word nie. Hy […]
# Die Kommunisteparty van Swaziland veroordeel die inhegtenisneming van die hoof van die Palestynse Demokratiese Jeugunie aan die Wesoewer. Israelse magte het Hassan Shahadeh volgens berigte Donderdag in sy woning in Abu Dis, oos van die besette Jerusalem, aangekeer. Die party se internasionale sekretaris, Pius Vilakati, sê Palestynse jongmense verdien om gehoor te word en […]
# Tennis: Suid-Afrika se spankaptein, Pietie Norval, is verras oor Bosnië en Herzegovina se hoëgehalte-vertoning in die naweek se Davisbeker-wêreldgroep Twee-kragmeting in Centurion. Die besoekers het gister die deurslaggewende dubbelspel gewen voordat hulle die omgekeerde enkelspel ook ingepalm het vir ‘n oortuigende oorwinning van 4-0. Norval sê hulle het gehoop dat die hoogte bo seespieël […]