# Die Gautengse regering verwelkom die deurbraak in die polisie-ondersoek na die moord op die negende slagoffer in die reeks moorde op vroue in Ekurhuleni. ‘n Man en twee vroue is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 28-jarige Gracious Nkomo, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is. Die […]
# ‘n Ses-en-dertigjarige man is aangekeer vir die verkragting van 14 vroue in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisie sê sy eerste beweerde aanval was in Januarie 2020 in Mahlabathini, KwaZulu-Natal. Hy is aangekeer en op borgtog vrygelaat, waarna hy verdwyn het. Woordvoerder Robert Netshiuna sê die man het daarna na bewering sewe vroue verkrag in […]
# Forum for South Africa vra dringende regeringsingryping nadat 21-persent meer oproepe reeds dié maand in die Geslagsgeweld-sentrum aangemeld is. Voorlopige syfers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toon die sentrum het tussen 1 en 16 September gemiddeld 424 oproepe per dag ontvang teenoor 350 in Augustus. Die organisasie se leier, Tebogo Mashilompane, sê die […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Indiensneming en Arbeid vra die publiek om kommentaar te lewer oor die Wysigingswet op Indiensnemingsdienste. Dis ʼn belangrike stap om wetgewing te formuleer wat die land se arbeidsmigrasie-raamwerk hervorm. Die voorgestelde wetgewing wil die indiensneming van buitelandse burgers reguleer. Dit wil ook die basiese Wet op Indiensnemingsdienste van 2014 bywerk […]
# Voorlopige uitslae in Rusland se eerste parlementêre oorlogstyd-verkiesing, toon die hoofparty in die Kremlin oorheers die verkiesing. Volgens aanvanklike inligting deur die Sentrale Verkiesingskommissie is die Verenigde Rusland-party, wat president Vladimir Putin ondersteun, die voorloper met bykans 58-persent van die stemme. Betekenisvolle opposisie bestaan feitlik nie in Moskou nie, met kritici wat verbied word […]
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling waarsku gemeenskappe om nie stil te bly oor geslagsgeweld en vrouemoord of dit te ignoreer nie. Die 24-uur Geslagsgeweld-sentrum het tussen 1 en 16 September ʼn aansienlike toename in oproepe aangemeld, naamlik ses-duisend-782 oproepe wat neerkom op gemiddeld 424 per dag. Die departement se woordvoerder, Sandy Godlwana, sê dis […]
# Krieket: Die Protea-vroue se hoofafrigter, Mandla Mashimbyi, sê hulle het hul doelwitte op die Zimbabwiese toer bereik en ook meer spelers ʼn geleentheid gegee. Suid-Afrika het 5-0 skoonskip gemaak in hul geskiedkundige eerste T20-reeks teen hul buurvroue. Kaptein Laura Wolvaardt en Miané Smit het uitstaande vertonings gelewer en honderdtalle aangeteken. Annerie Dercksen het in die […]