# Voorlopige uitslae in Rusland se eerste parlementêre oorlogstyd-verkiesing, toon die hoofparty in die Kremlin oorheers die verkiesing. Volgens aanvanklike inligting deur die Sentrale Verkiesingskommissie is die Verenigde Rusland-party, wat president Vladimir Putin ondersteun, die voorloper met bykans 58-persent van die stemme. Betekenisvolle opposisie bestaan feitlik nie in Moskou nie, met kritici wat verbied word om deel te neem, in die tronk sit, of in ballingskap in die buiteland leef. Die liberale Yabloko-party, wat deur die Hooggeregshof van die stembrief verwyder is, het ongeveer 100 kandidate wat in individuele kiesafdelings meeding.
Pro-Putin se regerende Verenigde Rusland-party op koers om grondwetlike meerderheid in Parlement te behou