# Die IVP het Mkhuleko Hlengwa aangewys as sy burgemeesterskandidaat in eThekwini in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. Die aankondiging is vanoggend in Durban gedoen. Hlengwa dien tans as adjunkminister van Vervoer en is ook die party se nasionale woordvoerder. Hy is sedert 2012 ‘n parlementslid. Die IFP-leier, Velenkosini Hlabisa, sê die […]
# Suid-Afrikaanse motoriste staal hulle vir nog ‘n skerp styging in brandstofpryse Woensdag. Petrolpryse gaan met ongeveer een-rand-34-sent per-liter styg, terwyl dieselpryse tot tussen twee-rand-93 en drie-rand-14 sent per-liter kan styg. Die stygings word aangedryf deur hoër internasionale oliepryse en ‘n swakker rand. Die jongste verhogings plaas verdere druk op huishoudelike begrotings en vervoerkoste.
# Cell C sê die afskaffing van vervaldatums vir mobiele data kan sy inkomstegroei raak omdat verbruikers minder data sal aankoop. Ongebruikte data verval vanaf Januarie volgende jaar nie meer nie, wat beskryf word as ‘n groot oorwinning vir verbruikers. Die nuwe reël beteken kliënte kan ongebruikte data onbeperk oordra, wat die einde maak aan […]
# Die DA in Gauteng beskuldig premier Panyaza Lesufi dat hy nie optree teen korrupsie-beskuldigde amptenare nie en hul herontplooiing toegelaat het. Woordvoerder Solly Msimanga eis hulle moet op die nasionale swartlys geplaas word. Hy sê die voormalige Gautengse departementshoof van Gesondheid, Arnold Malotana, wat met die Tembisa-hospitaalskandaal en ondersoeke deur die Spesiale Ondersoekeenheid verbind […]
# Eskom het ‘n tweede agtereenvolgende winsgewende jaar aangeteken, met wins wat ná belasting meer as verdubbel het vanaf 14-miljard-rand verlede jaar tot 30,3-miljard-rand vanjaar. Uitvoerende hoof Dan Marokane sê verbeterde kragstasie-beskikbaarheid, strenger kostebeheer en verminderde dieselverbruik het die ommekeer ondersteun. Eskom se kostebestuursprogram het besparings en inkomste van 22,4-miljard-rand opgelewer. Marokane beklemtoon winste sal […]
# Tennis: Carlos Alcaraz van Spanje en Aryna Sabalenka van Belarus begin vandag op Flushing Meadows in New York met die verdediging van hul Amerikaanse Ope-enkelspeltitels. Alcaraz, wat vanjaar tweede gekeur is, speel teen Roman Safiullin op die Arthur Ashe-stadion. Die Rus is tans 135ste op die wêreldranglys nadat hy sy beste posisie van 36ste […]
# Spesiale Olimpiese Spele: Vyf-en-sestig atlete sal Suid-Afrika op volgende jaar se Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Santiago, Chili verteenwoordig. Die span is na die naweek se Nasionale Somerspele in Rustenburg, Noordwes, aangewys waaraan 800 atlete deelgeneem het. Span SA het 49 medaljes by die 2023 se Wêreldsomerspele in Berlyn ingepalm. Die adjunkminister in die Presidensie […]