# Die Tshwane-metropolisie sê hy het proaktiewe misdaadvoorkomingstrategie en roetinepatrollies regoor die Stad Tshwane verskerp ten einde geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. Dit volg na die dood van nege vroue in Ekurhuleni die afgelope twee maande. Woordvoerder, Puleng Motholo, sê die metropolisie het personeelontplooiings in sleutelgebiede verhoog om sigbare roetinepatrollies te handhaaf en vinnig op […]
# Die vakverbond SAFTU en sy geaffilieerde munisipale vakbond DEMAWUSA het besluit om vandag hul beplande optog na Luthuli-huis op te skort. Dit volg na ʼn versoek van die ANC-sekretariaat om Woensdag met die vakbonde te vergader oor hul griewe oor die Stad Johannesburg. SAFTU-woordvoerder Asive Dyani sê hulle eis die inkontraktering van werkers van die […]
# Build One South Africa vra dat alle regeringskontrakte en verkrygingsrekords waarby Moriel Infrastructure Group betrokke is, onmiddellik bekendgemaak word. Dit volg na ʼn video waarop sy stigter en voorsitter, Lawrence Chamurwa Mudzinganyama, vermoedelik vroue by die Vlamo-restaurant in Sandton met geweld dreig. Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap se […]
# Die Duitse kanselier, Friedrich Merz, sê hy sal nie bedank nie, al toon meningsopnames dat sy party, die sentrum-regse Christen Demokratiese Unie, in twee plaaslike verkiesings groot nederlae kan ly. Die verregse Alternatief vir Duitsland sal na verwagting die noordoostelike staat, Mecklenburg-Vorpommern, met 38-persent wen. In die ander verkiesing loop die linkse Die Linke-party […]
# Sokker: Real Madrid se afrigter, José Mourinho, sê wedstrydbeamptes kon nie die druk hanteer nie nadat sy span 2-1 teen Atlético Madrid verloor het in La Liga. Hy meen Atlético moes in die eerste helfte twee rooikaarte gekry het: een vir verdediger Cristian Romero wat op Jude Bellingham getrap het, en ‘n tweede vir […]
# Die Afrika-redakteursforum is bekommerd oor die verdwyning van die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy en sy plaaslike gids , Kooki Mahmoud, in Djiboeti, Oos-Afrika. Hulle het Saterdag verdwyn. Reddy is die Afrika-koördineerder van die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking weet van hulle verdwyning. Die forum se sekretaris-generaal, […]
# Die Gautengse polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggaam van ‘n vrou gisteraand in Soweto gevind is. Die liggaam was in ‘n duvet toegedraai en is in ‘n dam by Moroka gevind. Dit is nog onduidelik of daar ‘n verband is met die reeks moorde in Ekurhuleni. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê die […]