# Gholf: Die Amerikaner, JJ Spaun, het 67 in die laaste ronde aangeteken om die PGA-kampioenskap met twee houe te wen in sy eerste deelname aan die Europese Toer se spogtoernooi by Wentworth in Engeland. Die Spanjaard, Manuel Elvira, en drie ander, naamlik Rory McIlroy van Noord-Ierland, die Australiër Adam Scott en Aaron Rai van […]
# Die Inter-ministeriële Komitee oor Geslagsgeweld en Vrouemoord het ʼn omvattende strategie goedgekeur om die oortreders agter die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, vinnig voor die gereg te bring. Drie persone van belang is aangekeer vir ondervraging, terwyl die polisie probeer vasstel of al die moorde met mekaar verband hou. Die minister in die […]
# President Donald Trump van Amerika sê die enigste moontlikhede is om Iran te vernietig, dit ekonomies te laat verrot, of om ʼn ooreenkoms te bereik. Dit volg nadat Amerika, saam met sommige bondgenote in die Midde-Ooste, gereedmaak om optrede teen Teheran te hervat. Trump het aan Fox News gesê hy is bereid om hierdie […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, opdrag gegee om die Moriel Infrastructure Group te ondersoek. Dit volg nadat ʼn direkteur van die maatskappy, Lawrence Mudzinganyama, op video betrap is waar hy ʼn groep vroue in ʼn dames-kleedkamer by die Vlamo-restaurant in Sandton dreig. Hy het verskoning gevra. Moriel […]
# Tennis: Duitsland, Brittanje en Spanje is deur na die Davisbeker-eindtoernooi. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Alexander Zverev, het Dino Prizmic verslaan om Duitsland se oorwinning van 3-1 oor Kroasië te beklink. Brittanje is ook deur nadat die dubbelspel-span, Henry Patten en Neal Skupski, met Gonzalo Escobar en Diego Hidalgo afgereken het om ʼn sege van 3-0 […]
# Wêreldleiers, diplomate, kampvegters en ander invloedryke stemme vergader hierdie week in New York vir die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Leiers sal globale samewerking bevorder, ʼn noodsaaklike hupstoot gee aan die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte, en kollektiewe optrede bepleit vir vrede, waardigheid en gelykheid op ʼn gesonde planeet. Die VN se sekretaris-generaal, António Guterres, sê te […]
# Die IVP-president Velenkosini Hlabisa sê die party se plaaslikeregeringverkiesingsmanifes is nie ʼn lys leë beloftes nie, maar ʼn verbintenis om dienste betyds te lewer. Hy het die manifes gister by Kwamashu se Princess Magogo-stadion in Durban bekendgemaak. Hlabisa sê die manifes het vyf belangrike punte: werkskepping; die bespoediging van dienslewering en werkbare infrastruktuur; samewerking […]