Skip to content

Creecy beveel SANRAL om kontrakte te hersien na voorval waarby Moriel Infrastructure Group se direkteur betrokke was

# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap, SANRAL, opdrag gegee om die Moriel Infrastructure Group te ondersoek. Dit volg nadat ʼn direkteur van die maatskappy, Lawrence Mudzinganyama, op video betrap is waar hy ʼn groep vroue in ʼn dames-kleedkamer by die Vlamo-restaurant in Sandton dreig. Hy het verskoning gevra. Moriel het tenders van die padagentskap ontvang, insluitend ʼn kontrak van 71,6-miljoen-rand wat in Januarie verlede jaar toegeken is. Creecy sê SANRAL moet vasstel of die maatskappy wettig aangestel is en sy kontraktuele verpligtinge nakom.