# Tennis: Duitsland, Brittanje en Spanje is deur na die Davisbeker-eindtoernooi. Die Amerikaanse Ope-kampioen, Alexander Zverev, het Dino Prizmic verslaan om Duitsland se oorwinning van 3-1 oor Kroasië te beklink. Brittanje is ook deur nadat die dubbelspel-span, Henry Patten en Neal Skupski, met Gonzalo Escobar en Diego Hidalgo afgereken het om ʼn sege van 3-0 oor Ecuador te behaal. Spanje het Chili 3-0 verslaan. Die drie lande sluit aan by die gasheer, Italië, Kanada, die Tsjeggiese Republiek, Suid-Korea en Oostenryk wanneer die eindtoernooi in November in Bologna plaasvind.
Tennis: Duitsland, Brittanje en Spanje dring deur na Davis-beker-eindtoernooi