Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 21 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die Staatsdienskommissie gaan die Tesourie vir nog 435-miljoen-rand vra nadat sy mandaat uitgebrei is. Volgens onlangse wysigings aan die Wet op die Staatsdienskommissie word munisipaliteite nou onder die kommissie se toesig geplaas. # En die Netwerk24-webblad: Berig die Zimbabwiese […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, is ingeroep om te help met die ondersoek na die Ekurhuleni-moorde. ‘n Hoëvlak-, multidissiplinêre span is aangewys om die moorde op nege vroue te ondersoek. Terselfdertyd het die polisie ‘n beloning van 400-duisend-rand uitgeloof vir inligting wat kan […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het bevestig dat drie verdagtes vir ondervraging in hegtenis geneem is in verband met die moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, oor die afgelope twee maande. Van die nege liggame wat gevind is, is daar een wat nie as vermiste persoon aangemeld is nie. Die owerhede […]
# Die Forum for South Africa het sy nasionale leier en president, Tebogo Mashilompane, as burgemeesterskandidaat vir die Madibeng-plaaslike munisipaliteit in Noordwes aangekondig. Die party sê die benoeming weerspieël sy verbintenis tot verantwoordbare en deursigtige plaaslike regering. Mashilompane se veldtog sal konsentreer op verbeterde dienslewering, skoon bestuur, verantwoordelike aanwending van openbare hulpbronne en ekonomiese geleenthede. […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, Somadoda Fikeni, sê die nuwe Wet op die Staatsdienskommissie sal die liggaam se onafhanklikheid van staatsdepartemente versterk. Fikeni het aan die media gesê die kommissie sal oor ‘n onafhanklike sekretariaat en uitgebreide bevoegdhede beskik om bestuurspraktyke te ondersoek. Sy mandaat sal ook plaaslike regering, staatsbeheerde maatskappye en ander staatsentiteite […]
# Gemeenskappe in Zimbabwe is gevra om betyds voor te berei vir die bedreiging van ‘n El Niño-droogte. Sonkragbesproeiing, klimaatinligting en klimaatslim boerdery help om voedselsekerheid in die droogtegeteisterde Chiredzi-gebied te versterk. Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê drie sonkragaangedrewe boorgate ondersteun ‘n gemeenskapstuin van drie hektaar. Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, […]
# Die Afrika-unie se kommissaris vir Landbou, Landelike Ontwikkeling, die Blou Ekonomie en Volhoubare Omgewing, Moses Vilakati, sê El Niño is meer as ‘n weer-verskynsel en raak landbou, waterbronne, voedselsekerheid en ekonomieë. Hy het lidlande aangemoedig om vroeë waarskuwings te omskep in vroeë optrede met droogtebestande gewasse, waterbesparing, voedselreserwe-beveiliging en voldoende beskikbare veevoer. Vilakati vra […]
# Die Security Personnel Party of South Africa vra munisipaliteite om digte bosse te verwyder en stukkende straatligte reg te maak, omdat verwaarloosde gebiede skuiling aan misdadigers bied. Die party se president en stigter, Sello Mashula, sê dit is veral kommerwekkend ná die ontdekking van verskeie liggame in Ekurhuleni. Mashula het ook gevra dat dringende […]
# Die komitee vir Gemeenskapsveiligheid in die Gautengse wetgewer vra dringende optrede ná ‘n toename in ontvoerings. Altesaam 76 ontvoerings is tussen April en Junie in Kemptonpark aangeteken, wat 58,3-persent meer is as in dieselfde tydperk verlede jaar. Gauteng het twee-duisend-367 aangeteken, meer as die helfte van die nasionale totaal. Die komitee se voorsitter, Bandile […]