# Dis vandag die laaste dag waarop ontvangers van toelaes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid se goue kaarte kan oorskakel na die Posbank se swart kaarte. Meer as 80-persent van die oorskakelings is reeds voor vandag se sperdatum afgehandel. Die Posbank-woordvoerder, Bongani Diako, sê die oorgang is ondersteun deur omvattende operasionele voorbereidings en […]
# Minstens 15 mense word vermis ná ʼn onverwagse oorstroming gister in die Grand Canyon Nasionale Park in Arizona. Twee-en-sestig stappers en kampeerders is per helikopter na veiligheid geneem. Die Nasionale Park-diens waarsku donderstorms en swaar reën word ook vir vandag voorspel, wat tot nog kitsvloede, rommel, rotsstortings en veranderde voetslaanpad- en riviertoestande kan lei. […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler Lutho Sipamla neem nie langer deel aan die driehoekige T20-reeks in Namibië nie. Die 28-jarige het Vrydag sy been beseer in die eerste wedstryd teen die gasheer en het Saterdag se tweede wedstryd teen Zimbabwe misgeloop. Die veelsydige Andile Simelane is as sy plaasvervanger aangewys. Sipamla is die tweede Suid-Afrikaner wat […]
# ANC se eerste adjunk-sekretaris-generaal, Nomvula Mokonyane, moedig partylede aan om die kandidatelys vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November te aanvaar. Sommige ANC-lede het gister hul ontevredenheid tydens die Vrystaatse manifes-bekendstelling getoon. Hulle beskuldig die party van verdeeldheid en het ongelukkigheid uitgespreek oor die keuse van kandidate in sekere wyke. Mokonyane sê organisatoriese dissipline is belangrik […]
# Die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, is volgens berigte weer in die hospitaal opgeneem, byna twee maande nadat hy op 28 Junie in Houghton, Johannesburg, gewond is. Dit kom op ʼn kritieke tydstip aangesien hy gedagvaar is om hierdie week voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Kahn het ook onlangs ʼn Reël Drie-kennisgewing ontvang […]
# Amerikaanse magte het twee Iranse vuurpyllanseerders op Larak-eiland getref in ʼn poging om te keer dat Teheran nog seemyne in die Straat van Hormoes stel. Die Islamitiese Rewolusionêre Wagkorps sê talle mense is in die aanval dood en gewond. Iran het wraak geneem met missiel- en hommeltuigaanvalle op twee Amerikaanse lugmagbasisse in Jordanië. Die […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 31 Augustus 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig na aanleiding van die vrystelling van die polisie se misdaadstatistiek, is die Kaapstadse bendes en vuurwapens wat algemeen beskikbaar is, verantwoordelik vir die steeds hoë moordsyfer in die land. Die koerant skryf kenners waarsku dat die laer moordsyfer wat […]