# Die Spesiale Tribunaal se regter, Chantel Fortuin, het die raad van die Suid-Afrikaanse Lugdiens gekritiseer oor sy besluit om ‘n huurooreenkoms te verleng met Flyfofa Airways, wat as Flyfofa Aviation and Training sake doen. Fortuin het die 2019-besluit rondom ‘n ooreenkoms van 85,3-miljoen-rand, tersyde gestel omdat dit onregmatig was. Die Spesiale Ondersoekeenheid sê SAA het die ooreenkoms verleng sonder om ‘n verkrygingsproses te volg of goedkeuring van die Nasionale Tesourie te verkry. Die tribunaal het Flyfofa gelas om besonderhede van betalings en uitgawes bekend te maak, wat die weg baan vir die ondersoekeenheid om geld terug te vorder.
Tribunaal skrap Suid-Afrikaanse Lugdiens se huurooreenkoms met Flyfofa