Skip to content

Twee sterf in reuse- Oekraïnse hommeltuigaanval in Moskou-gebied

# Russiese owerhede sê twee mense is dood in wat beskryf word as ‘n reuse- Oekraïnse hommeltuigaanval op Moskou en die omliggende gebied. Moskou se burgemeester, Sergei Sobyanin, sê meer as een-duisend-600 hommeltuie is sedert Saterdag onderskep, waarvan 450 die hoofstad geteiken het. Verskeie hommeltuie het ‘n olieraffinadery in Moskou getref, terwyl nog een ‘n woonstelgebou geteiken het. Sowat 400 mense, insluitend 70 kinders, is uit die Ramenskoye-distrik ontruim. Oekraïne het nog nie kommentaar gelewer oor die aanvalle nie.