# Die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie verwelkom die vordering in die ondersoek na die moord op twee polisiebeamptes in Libode in die Oos-Kaap. Adjudant-offisier Thando Magoxo en konstabel Ntlahla Tyhali is dood toe hul op ‘n beweerde roof in ‘n spazawinkel gereageer het. POPCRU sê twee verdagtes is in hegtenis geneem en nog drie is tydens polisie-optredes doodgeskiet. Die vakbond sê almal wat met die moorde verbind word, moet vervolg word. POPCRU vra ook dat die twee beamptes se gesinne ondersteun word.
POPCRU verwelkom deurbraak in Libode-polisiemoorde