# Kleinskaalse visserykoöperasies en ondernemings aan die Kaapse Weskus kry ‘n hupstoot met SANParke se vaardigheidsontwikkelingsprogram. Twintig vissers van Saldanhabaai en omliggende gemeenskappe het opleiding in skipbestuur en sakebeplanning voltooi. SANParke se woordvoerder, JP Louw, sê die program ondersteun volhoubare voortbestaan as deel van die organisasie se Vision 2040-program. SANParke het ook visvangtoerusting verskaf en help plaaslike ondernemings om hul kapasiteit uit te brei, met toegang tot verkrygingsgeleenthede en om hul deelname aan die visvangwaardeketting te vergroot.
SANParke versterk visserskoöperasies aan Weskus