# Die EFF-leier Julius Malema hou vandag die party se plaaslike verkiesingsmanifes-byeenkoms op die Delft-Suid-sportsentrum in Kaapstad. Die party fokus op Stad Kaapstad in die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 4 November. Die EFF sê sy veldtog fokus op dienslewering, misdaad, behuising, sanitasie, elektrisiteitskoste en werkloosheid. Die party sal ook sy standpunt oor grondhervorming herbevestig, en die besluit om sy eie burgemeesterskandidate in munisipaliteite te benoem.
EFF teiken Kaapstad in verkiesingsveldtog