# Krieket: Suid-Afrika se aartsvyand, Australië, kom vandag in die land aan vir ‘n toer van drie eendagwedstryde en drie toetse. Die besoekers het Zimbabwe pas 3-0 geklop in ‘n eendagreeks, hoewel gister se laaste kragmeting ‘n naelbytstryd was wat Australië eers van die voorlaaste bal kon wen met nege paaltjies plat. Die Proteas het […]
# Die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, het leefstyl-oudits gelas van ondersoekers van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, aanklaers en senior bestuurders van die Nasionale Vervolgingsgesag. Dit volg ná verdoemende getuienis voor die Madlanga-kommissie. Volgens die Spesiale Ondersoekeenheid het slegs 16 nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en staatsondernemings die eenheid die afgelope twee tot drie […]
# Rugby: Die All Blacks se kaptein, Ardie Savea, moet ‘n skoueroperasie ondergaan en sal waarskynlik nie weer speel voor volgende jaar se Super Rugby Pacific-seisoen nie. Hy het sy skouer beseer in die derde toets van die Rugby’s Greatest Rivalry-reeks, wat Suid-Afrika 3-1 gewen het. Nog ‘n losvoorspeler, Luke Jacobson, het reeds ‘n operasie […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na die Morial-infrastruktuurgroep. Dit handel oor die maatskappy se bande met die sakeman Lawrence Mudzingayima, wat op video betrap is waar hy ‘n groep vroue dreig in ‘n restaurant in Sandton, Johannesburg. Macpherson is bekommerd oor bewerings dat die maatskappy op […]
# Die Gautengse regering verwelkom die deurbraak in die polisie-ondersoek na die moord op die negende slagoffer in die reeks moorde op vroue in Ekurhuleni. ‘n Man en twee vroue is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 28-jarige Gracious Nkomo, wie se liggaam verlede week in Dawnpark, Boksburg, gevind is. Die […]
# ‘n Ses-en-dertigjarige man is aangekeer vir die verkragting van 14 vroue in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die polisie sê sy eerste beweerde aanval was in Januarie 2020 in Mahlabathini, KwaZulu-Natal. Hy is aangekeer en op borgtog vrygelaat, waarna hy verdwyn het. Woordvoerder Robert Netshiuna sê die man het daarna na bewering sewe vroue verkrag in […]
# Forum for South Africa vra dringende regeringsingryping nadat 21-persent meer oproepe reeds dié maand in die Geslagsgeweld-sentrum aangemeld is. Voorlopige syfers van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling toon die sentrum het tussen 1 en 16 September gemiddeld 424 oproepe per dag ontvang teenoor 350 in Augustus. Die organisasie se leier, Tebogo Mashilompane, sê die […]