Skip to content

Krieket: Australië kom in Suid-Afrika aan vir eendag- en toetsreeks teen Proteas

# Krieket: Suid-Afrika se aartsvyand, Australië, kom vandag in die land aan vir ‘n toer van drie eendagwedstryde en drie toetse. Die besoekers het Zimbabwe pas 3-0 geklop in ‘n eendagreeks, hoewel gister se laaste kragmeting ‘n naelbytstryd was wat Australië eers van die voorlaaste bal kon wen met nege paaltjies plat. Die Proteas het intussen talle gereelde spelers ruskans gegee tydens die onlangse besoek aan Namibië. Die eerste eendagwedstryd tussen Suid-Afrika en Australië word Donderdag in Durban gespeel, en die eerste toets begin op dieselfde veld op 9 Oktober.