# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na die Morial-infrastruktuurgroep. Dit handel oor die maatskappy se bande met die sakeman Lawrence Mudzingayima, wat op video betrap is waar hy ‘n groep vroue dreig in ‘n restaurant in Sandton, Johannesburg. Macpherson is bekommerd oor bewerings dat die maatskappy op dieselfde dag veelvuldige graderings van die Boubedryf-ontwikkelingsraad ontvang het. Hy sê die maatskappy voldoen dalk ook nie aan die vereistes vir sommige van die graderings nie, wat uiteindelik gebruik is om staatskontrakte te bekom.
Minister Macpherson gelas Boubedryf-ontwikkelingsraad om Morial-groep te ondersoek