# Tennis: Suid-Afrika se spankaptein, Pietie Norval, is verras oor Bosnië en Herzegovina se hoëgehalte-vertoning in die naweek se Davisbeker-wêreldgroep Twee-kragmeting in Centurion. Die besoekers het gister die deurslaggewende dubbelspel gewen voordat hulle die omgekeerde enkelspel ook ingepalm het vir ‘n oortuigende oorwinning van 4-0. Norval sê hulle het gehoop dat die hoogte bo seespieël en vinnige hardebaantoestande in hul guns sou tel. Suid-Afrika hoop om terug te bons in die uitspeelrondes wat vroeg volgende jaar gehou word.
Tennis: Span SA verras deur hoë spelgehalte van Bosnië en Herzegovina in Davisbeker-kragmeting