Skip to content

Kommissie ondersoek magsverhoudinge tussen geslagte in Oos-Kaapse wetgewer

# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het ‘n ondersoek van stapel gestuur na magsverhoudings tussen geslagte in die Oos-Kaapse wetgewer. Ondersoek sal ingestel word na bewerings en kommer oor afknouery, teistering, intimidasie, seksuele teistering, magsmisbruik en vergeldende optrede. Die kommissie sal kyk na hoe klagtes aangemeld, ondersoek en hanteer word en of daar voldoende stelsels is om mense aanspreeklik te hou. Die kommissie sê die ondersoek strek verder as individuele sake en fokus ook op die werksomgewing, beleid en praktyke wat bydra tot ongelyke behandeling van mans en vroue.