# Ontruimings is in dele van die Tokio-gebied gelas soos die kragtige tifoon Dujuan die Stille Oseaan-kus in Japan nader en stortreën en sterk wind meebring. Japan se weerdiens waarsku toestande kan vinnig versleg namate die storm die hoofstad nader. Meer as 300 millimeter reën het sedert Saterdag uitesak in dele van die Izu-eilande en Chiba naby Tokio. Owerhede waarsku ook oor kitsvloede en grondverskuiwings. Sowat 300 vlugte is gekanselleer en van die treindienste is opgeskort.
Ontruimings in Tokio gelas weens gevaar van oorstromings en grondverskuiwings