# Roei: Die Fitzroy-rivier in Queensland, Australië is die tuiste vir sowat 500 soutwaterkrokodille, maar gaan gebruik word vir roei-items tydens die 2032-Olimpiese Spele in Brisbane. Die sogenaamde “salties” kom in vars- en soutwater voor en kan langer as ses meter word. Die rivier voldoen aan die vereistes vir roei- en kanowedvaarte. Die driemalige Olimpiese roeikampioen Drew Ginn sê hy is bekommerd, maar hy is seker die roeiers gaan vinnig wees. ‘n Ander voorstander meen daar haaie in die see, maar mense ry steeds branderplank, so almal moet net rustig raak en dinge in perspektief begin sien.
Roei: Rivier met 500 krokodille gekies vir roei-items by Olimpiese Spele