# Die vakverbond Saftu sê hy verwerp die poging om Eskom se finansiële prestasie as ʼn ongekwalifiseerde sukses voor te stel. Die kragverskaffer het in die 2026-boekjaar ongeveer 30,35-miljard-rand wins gemaak en sy 14-miljard-rand-profyt van die vorige boekjaar meer as verdubbel. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê Eskom se winsgewendheid is die gevolg van elektrisiteit wat toenemend […]
# Die vakbondfederasie COSATU vra vinnige optrede deur die regering, die bedryf, arbeid en verbruikers om plaaslike werksgeleenthede en waardekettings in die suikerbedryf te beskerm. Suid-Afrika se suikerbedryf het nagenoeg 1,5-miljard-rand verloor weens gesubsidieerde suikerinvoere. Matthew Parks van COSATU sê die vakverbond verwelkom die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging en die Internasionale Handelsadministrasiekommissie se […]
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het Sasol Gas se aansoek vir maksimum gaspryse vir die 2026/2027-boekjaar en deel van die 2027/2028-boekjaar goedgekeur. Die goedgekeurde maksimum gasprys vir eindgebruikers is 97-rand-31-sent per gigajoule vir die eerste kwartaal van 2026/2027, terwyl handelaars en herverkopers ʼn maksimum van 92-rand-44-sent per gigajoule sal betaal. NERSA-woordvoerder, Charles Hlebela, sê […]
# Die Jacob Zuma-stigting het die Konstitusionele Hof se uitspraak oor afgetrede regter Sisi Khampepe se onttrekking van die ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake as ‘n naelskraapse nederlaag beskryf. Die hof het Zuma en voormalige president Thabo Mbeki se aansoek dat Khampepe haarself as voorsitter van die ondersoek moet onttrek van die hand gewys. Haar […]
# Die vakverbond Saftu sê hy hou nog heeltyd vol dat die korrupsie by Tembisa-hospitaal nooit ʼn geïsoleerde voorval van administratiewe wangedrag was nie, maar ʼn sistematiese plundering van staatsfondse. Dit volg na die inhegtenisneming van die sakeman, Stefan Joel Govindraju, wat verbind word met tenderbedrog van meer as twee-miljard-rand by die hospitaal. Hy het […]
# President Cyril Ramaphosa het Leonard Lekgetho met onmiddellike ingang aangestel as nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid. Hy volg advokaat Andy Mothibi op wat die pos in Februarie verlaat het om die nasionale direkteur van Openbare Vervolging te word. Lekgetho het 19 jaar ervaring by die ondersoekeenheid waar hy uiteenlopende poste beklee het, onder […]