Skip to content

Nvidia se baas verwerp KI uitwissingsvrese as oordeelsdagstories

# Nvidia se uitvoerende hoof, Jensen Huang, verwerp waarskuwings dat kunsmatige intelligensie die mensdom kan laat uitsterf en sê dis “oordeelsdagstories”. Huang het aan CBS News gesê daar is ‘n nul-persent kans dat KI die wêreld teen 2030 sal beëindig, en meen dis onverantwoordelik om mense bang te maak. Sy kommentaar kom te midde van groeiende kommer oor toenemend kragtige KI-stelsels. ‘n Voormalige navorser van Anthropic, Jacob Coxon het onlangs gewaarsku dat sommige ontwikkelaars glo KI kan die mensdom binne die dekade bedreig. Anthropic se hoof, Dario Amodei en Sam Altman van OpenAI bepleit ‘n verlangsaming in KI-ontwikkeling.