# Die Oos-Kaapse polisie het gister ʼn 52-jarige verdagte gearresteer en op 11 vuurwapens beslag gelê, kort nadat dit by ʼn privaat veiligheidsmaatskappy in Newton Park, Gqeberha, gesteel is. Nege haelgewere, twee R-15-aanvalsgewere, drie koeëlvaste baadjies en ʼn bakkie wat aan die veiligheidsmaatskappy behoort, is teruggevind. Die polisiewoordvoerder, Sandra Janse van Rensburg, sê die verdagte […]
# Die Stad Kaapstad het sy eerste koopooreenkoms van agt-miljard-rand met twee onafhanklike sonkrag-verskaffers, Jempec Energy en Make a Difference, gesluit. Dit bied 70 megawatt elektrisiteit teen ʼn laer tarief as Eskom. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die 20-jaar-ooreenkomste is met sonkragaanlegte wat by Atlantis en Philippi aan die metro se netwerk gekoppel sal word. Hy […]
# Owerhede in Nepal het begin om honderde ongeïdentifiseerde slagoffers te begrawe ná verlede week se rampspoedige kits-oorstromings. Die sterftesyfer na die ramp op die Nepal-Tibet-grens staan tans op 955, met meer as vier-duisend mense wat nog vermis word. Nepal se skilderagtige Chitwan-distrik dien as tydelike begraafplaas vir liggame wat te erg ontbind is om […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê hy is gefrustreerd deur die All Blacks se aanhoudende pogings om skeidsregters deur middel van die media te beïnvloed. Dit volg nadat Nieu-Seeland se afrigter, Dave Rennie, na die tweede toets in Kaapstad gekla het oor die Bokke se skrumtegniek. Hy beweer die Suid-Afrikaners loop rondom hul teenstanders in […]
# Die vakverbond Saftu sê hy verwerp die poging om Eskom se finansiële prestasie as ʼn ongekwalifiseerde sukses voor te stel. Die kragverskaffer het in die 2026-boekjaar ongeveer 30,35-miljard-rand wins gemaak en sy 14-miljard-rand-profyt van die vorige boekjaar meer as verdubbel. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sê Eskom se winsgewendheid is die gevolg van elektrisiteit wat toenemend […]
# Die vakbondfederasie COSATU vra vinnige optrede deur die regering, die bedryf, arbeid en verbruikers om plaaslike werksgeleenthede en waardekettings in die suikerbedryf te beskerm. Suid-Afrika se suikerbedryf het nagenoeg 1,5-miljard-rand verloor weens gesubsidieerde suikerinvoere. Matthew Parks van COSATU sê die vakverbond verwelkom die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging en die Internasionale Handelsadministrasiekommissie se […]
# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het Sasol Gas se aansoek vir maksimum gaspryse vir die 2026/2027-boekjaar en deel van die 2027/2028-boekjaar goedgekeur. Die goedgekeurde maksimum gasprys vir eindgebruikers is 97-rand-31-sent per gigajoule vir die eerste kwartaal van 2026/2027, terwyl handelaars en herverkopers ʼn maksimum van 92-rand-44-sent per gigajoule sal betaal. NERSA-woordvoerder, Charles Hlebela, sê […]