# Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief vra ‘n deeglike ondersoek na Onderstepoort Biological Products weens beweerde manipulasie van die pryse van bek-en-klouseer-entstof en die maatskappy se produksievermoë. Die organisasie eis ook antwoorde oor die vyf-honderd-miljoen-rand wat volgens berigte by die maatskappy verdwyn het. Dit volg na die voorsorgskorsing van die waarnemende uitvoerende hoof van die staatsvervaardiger, Jacob Modumo. Modumo se skorsing hou egter nie ‘n bevinding van wangedrag in nie. Theo de Jager van Saai sê die maatskappy het boere in die steek gelaat en behoort geprivatiseer te word.
SAAI vra vrae oor beweerde R500-miljoen wat by Onderstepoort Biological Products verlore gegaan het