# Nuwe navorsing toon mense gebruik daagliks sowat 28-persent minder woorde as in 2005. Navorsers het opnames ontleed van meer as twee-duisend mense in 22 studies wat tussen 2005 en 2019 gedoen is en bevind die aantal woorde wat mense daagliks gebruik, het jaarliks met sowat 338 afgeneem. Dit was selfs meer onder mense jonger as 25. Sielkundiges sê slimfone, boodskapdienste, aanlynaankope en minder persoonlike gesprekke kan daartoe bydra hoewel die navorsing nie ‘n enkele oorsaak vir die verskynsel kon uitwys nie. Navorsers waarsku hierdie afname in alledaagse gesprekke kan sosiale en kognitiewe gevolge hê.
Mense praat al minder, maar niemand weet presies hoekom nie