# Dangote Petroleum Refinery in Nigerië beoog om aandele op die New York-aandelebeurs te noteer na hy die kapasiteit van een van die wêreld se grootste aanlegte vir die raffinering van ru-olie verdubbel het. Die aanleg, wat reeds 700-duisend vate ru-olie per dag verwerk, beoog om tot 26-miljard-rand in te samel deur middel van ‘n aanvanklike openbare aanbod in Nigerië, met die opbrengs geoormerk vir die uitbreiding. Die voorsitter, Aliko Dangote, het by die Qatar Ekonomiese Forum gesê hy beplan om die raffinadery uit te brei sodat dit teen die eerste kwartaal van 2029 1,4-miljoen vate per dag kan lewer.
Nigerië se Dangote raffinadery beoog om uitset te verdubbel