# Rugby: Alle spanaankondigings in die Verenigde Rugbykampioenskap sal vir die duur van die seisoen om drie-uur (Suid-Afrikaanse tyd) op die Donderdag van ‘n wedstrydweek plaasvind. In vorige seisoene is die spanne gewoonlik 24 uur voor afskop aangekondig. Volgens die organiseerders volg die proeflopie op terugvoer van media- en uitsaai-vennote wat vroeër toegang tot nuus oor spanne wou hê, terwyl die spanne self bereid is om by te dra tot ‘n langer en meer konsekwente aanloop tot wedstryde. Die seisoen skop Vrydagaand af.
Rugby: Alle VRK spanaankondigings gaan die seisoen op ‘n Donderdag gebeur