# Die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Sipho Hlomuka, het die twee gewelddadige aanvalle by skole . ‘n Sekerheidsbeampte is Vrydagaand dood tydens ‘n rooftog by die Inanda Comprehensive High School. Drie matriekleerders is buite die Bukimvelo High School in die Ezibayeni-gebied geskiet nadat hulle ‘n hersieningsklas bygewoon het. Hulle is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem. Hlomuka dring aan op dringende polisie-ondersoeke. Hy sê die departement sal sielkundiges ontplooi om die betrokke leerders by te staan.
LUR veroordeel geweld in skole in KZN