# Business Leadership South Africa sê die Wet op die Staatsdienskommissie wat verlede week bekragtig is, verteenwoordig ʼn aansienlike verandering aan die reëls wat die Staatsdiens beheer. Die wet verbreed die omvang van die kommissie se werk om munisipaliteite in te sluit, en laat dit toe om op te tree teen bestuursmislukkings wat lei tot […]
# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, verwelkom die inhegtenisneming van ʼn 59-jarige senior polisie-offisier op aanklagte van seksuele oortredings. Hy is gisteraand in Sandton aangekeer. Die offisier het na bewering tussen Julie en Augustus ‘n 16-jarige meisie seksueel voorberei en ʼn 18-jarige vrou verkrag. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê die stryd teen geslagsgeweld en […]
# Die Buffalo City-munisipaliteit het president Cyril Ramaphosa se besluit verwelkom om die Spesiale Ondersoekeenheid toestemming te gee om geskiedkundige projekte wat met die munisipaliteit en die Buffalo City-metro Ontwikkelingsagentskap verband hou, te ondersoek. Dit sal fokus op ses tenders vir die bou van swembaddens, afbreek van mure en waterprojekte. Die munisipaliteit se woordvoerder, Luzuko […]
# Meer as sewe-duisend vlugte reg oor Amerika is gister vertraag of gekanselleer en meer as 100 is herlei nadat konstruksiewerkers per ongeluk ʼn kabel afgesny het wat nodig is vir lugverkeerbeheer in Philadelphia. Die Newark Liberty internasionale lughawe in New Jersey en Philadelphia internasionale lughawe in Pennsilvanië is die swaarste getref. Amerika se minister […]
# Motorsport: Die FIA se Formule 1-kommissie het besluit om volgende jaar se Grand Prix-wedrenne te verkort, in lyn met nuwe regulasies oor brandstofvloei vir krageenhede. Wedrenafstande sal van 305 kilometer na 290 kilometer verminder word, wat afhangende van die baan twee tot drie rondtes korter sal wees. Die kommissie het ook die reëls gewysig […]
# Die Europese Raad se president, António Costa, sê in ʼn wêreld waar verdeeldheid toeneem, is daar steeds ʼn sterk, gedeelde verbintenis tot samewerking tussen vastelande, streke en politieke tradisies. Hy was mede-aanbieder van die eerste beraad vir vennote in multilateralisme saam met Australië, Barbados, Brasilië, Kanada, Indië en Kenia by die 81ste Algemene Vergadering […]
# Die adjunkminister in die Presidensie verantwoordelik vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, sê verwerping, woede, dronkenskap, rykdom of sosiale status kan nooit die teistering of bedreiging van enige vrou regverdig nie. Die Zimbabwiese sakeman Lawrence Chamurwa Mudzinganyama is op kamera vasgevang terwyl hy ‘n groep vroue gedreig het wat sy toenadering […]