Skip to content

Motorsport: F1 gaan volgende jaar die afstand van Grand Prix-wedrenne verkort

# Motorsport: Die FIA se Formule 1-kommissie het besluit om volgende jaar se Grand Prix-wedrenne te verkort, in lyn met nuwe regulasies oor brandstofvloei vir krageenhede. Wedrenafstande sal van 305 kilometer na 290 kilometer verminder word, wat afhangende van die baan twee tot drie rondtes korter sal wees. Die kommissie het ook die reëls gewysig waarvolgens ‘n vaste tydsbeperking van drie uur van toepassing is op wedrenne wat deur reën onderbreek word. Dit bied groter buigsaamheid om onderbroke wedrenne te voltooi. Ná ‘n week van rus is Formule 1 hierdie naweek terug in Azerbeidjan.