# Die G7-ministers van Buitelandse Sake het Iran versoek om militêre steun aan Houthi-magte in Jemen te beëindig, en sê die gevaarlike patroon van toenemende risiko’s ondermyn internasionale handel en skep wêreldwye onbestendigheid. Volgens die Verenigde Nasies het vyandelikhede in Jemen sedert die begin van September minstens 125-duisend mense ontheem. Die ministers van Buitelandse Sake […]
# Gautengse polisie het tien verdagtes tussen 30- en 54-jaar gearresteer en op nege vuurwapens beslag gelê na ʼn skietery gisteraand in Cleveland, Johannesburg. Die polisiewoordvoerder, Tintswalo Sibeko, sê beamptes was op patrollie toe hulle ʼn Hyundai H100 met blou ligte en ʼn sirene onder verdagte omstandighede opmerk. Sy sê tydens ʼn agtervolging het drie […]
# Die Departement van Basiese Onderwys se direkteur-generaal, Mathanzima Mweli, sê sy kommer oor die leefstyloudit-proses moenie beskou word as ʼn weiering om hom aan wettige ondersoeke te onderwerp nie. Hy sê hy is bekommerd oor die manier waarop die oudit uitgevoer word, insluitend die hantering van vertroulike en persoonlike inligting. Mweli sê leefstyloudits gebruik […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor berigte dat die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, SASSA, miljoene rande skuld vir die huur van kantore reg oor die land. Die agterstallige huurgeld sluit in 16,5-miljoen-rand vir die Rekordbestuur-sentrum waar sensitiewe organisatoriese rekords bewaar word. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naicker, sê hierdie administratiewe versuim kan ernstige […]
# Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê ‘n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens hul vorige besoek aan […]
# City Power het die elektrisiteit na die perseel van die Pan-Afrika-parlement in Johannesburg afgesny weens ‘n uitstaande munisipale rekening van 37,2-miljoen-rand. Die jongste betaling van 50-duisend-rand is verlede week gemaak. City Power-woordvoerder Isaac Mangena sê die Suid-Afrikaanse regering is verantwoordelik vir reëlings rakende die parlement se huisvesting, terwyl die Departement van Openbare Werke histories […]
# Die polisie het sy pogings verskerp om mense op te spoor wat die veiligheid en sekerheid van vroue, kinders en ander kwesbare persone bedreig. Dit volg op die onlangse moord op nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê 17-duisend-270 verdagtes is tussen 14 en 20 September tydens Operasie Shanela Twee aangekeer […]