# Die organisasie Suid-Afrikaanse Vroue in die Boubedryf en Bou-omgewing veroordeel alle vorms van intimidasie, teistering, dreigemente of mishandeling van vroue. Beeldmareriaal toon hoe die Zimbabwiese sakeman Lawrence Mudzinganyama ‘n groep vroue dreig nadat hul sy toenadering verwerp het in ‘n luukse restaurant in Sandton, Johannesburg. Mudzinganyama het hom aan die polisie oorgegee en is […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het die eerste sooi gespit op die Terrein A-behuisingsprojek van 32,8-miljoen-rand in Napier. Die ontwikkeling sluit in 157 erwe met 147 wat goedgekeur is vir enkelvlak-wooneenhede, en finansieringsmoontlikhede vir mense wat hul eerste huis koop. Al 157 erwe is gediens en oorhandig. Simmers sê beplanning is reeds […]
# Paramount Skydance het ʼn ooreenkoms met 12 Amerikaanse state bereik wat die weg baan vir ʼn samesmelting van 1,8-duisend-miljard-rand met Warner Brothers. Dit sal Paramount se rolprent- en televisie-ateljees, CBS en die Paramount Plus-stroomdiens, saamsmelt met kabelnetwerke soos HBO en CNN. Paramount sal 285-miljoen-rand betaal aan die Skrywersgilde-bedryf se gesondheidsfonds. Kalifornië se prokureur-generaal, Rob […]
# Kaapstad se wetstoepassingsagentskappe het die afgelope week 469 mense in hegtenis geneem en 72-duisend-842 boetes uitgereik. In een van die jongste voorvalle het kringtelevisie daartoe gelei dat ʼn verdagte in besit van ʼn onwettige vuurwapen in Langa aangekeer is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê verkeersbeamptes het 57 verdagtes aangekeer op […]
# Gautengse wetstoepassingsagentskappe het 69 onpadwaardige minibustaxi’s geskut terwyl 70 sonder geldige lisensieskyfies betrap is. Die toepassingsoperasies is in Tshwane, Ekurhuleni en Johannesburg uitgevoer as deel van die #RemoveSkorokoro-veldtog. Die provinsiale Vervoerdepartement se woordvoerder, Melitah Madiba, sê 104 minibustaxi-bestuurders het nie geldige rybewyse gehad nie:
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se eie stryd bewys die belofte van die Verenigde Nasies se handves en die moontlikhede van ʼn multilaterale stelsel. Hy het die handves se viering in New York aangebied. Lamola sê die huidige aanvalle op internasionale reg en multilateralisme is deel van ʼn […]