# Nasionale polisie-woordvoerder Athlenda Mathe sê dis moontlik dat nog slagoffers na vore kan kom ná die inhegtenisneming van ‘n senior offisier in Sandton, Johannesburg, op aanklagte van seksuele misdrywe. Sy het buite die Randburgse Landdroshof gepraat tydens die beskuldigde se eerste verskyning. Mathe het enigiemand wat geraak is of oor inligting beskik, aangemoedig om […]
# Strafregtelike aanklagte is teruggetrek teen die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, in die Pretoriase Landdroshof. Hy het tereggestaan ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur oor ‘n tender van 360-miljoen-rand tussen die polisie en Medicare 24 van die omstrede sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala. Masemola is geskors nadat hy aangekla is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het […]
# Rugby: Die Leeus se hoofafrigter, Ivan van Rooyen, sê hulle wil voortbou op verlede seisoen toe hulle die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap gehaal het. Hy het ‘n groep van 60 aangewys vir die VRK – en Kampioenebeker-veldtog, insluitend die Springbokke Ruan Venter, Sikhumbuzo Notshe en Morné van den Berg. Van Rooyen sê hulle […]
# Krieket: Die veelsydige Jack Edwards kan sy buiging in eendagkrieket vir Australië maak nadat hy opgeroep is om in Suid-Afrika by die span aan te sluit. Hy vervang die snelbouler Billy Stanlake wat ‘n besering opgedoen het. Spencer Johnson is nie deel van die span nie weens ander verpligtinge en hy sal volgende maand […]
# Brand- en reddingspanne van Mitchells Plain, Bellville en die Voorvalbestuurspan in Kaapstad is na Maanskynkopstraat ontplooi nadat verskeie huise skade opgedoen het weens sterk wind. Woordvoerder Jermaine Carelse sê die spanne het afgekom op verskeie huise waarvan die dakke afgewaai het. Hy sê nooddienspersoneel bly op die toneel om die situasie dop te hou […]
# Die adjunkminister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Bernice Swarts, gaan Donderdag op Erfenisdag ‘n landwye veldtog lei om 10-miljoen bome te plant. Dis deel van president Cyril Ramaphosa se Een-Miljard-Bome-program, om burgers aan te spoor om die uitwerking van klimaatsverandering te beperk. Swarts sal die hoofgeleentheid in Vryheidspark in Pretoria lei voor sy […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Vervoer betreur die beweerde voorval waarin ‘n kontrakteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap betrokke was. Die Zimbabwiese sakeman Lawrence Mudzinganyama is op kamera vasgevang toe hy ‘n groep vroue in die Vlamo-restaurant in Sandton, Johannesburg, gedreig het nadat hulle sy toenaderings verwerp het. Voorsitter Donald Selamolela verwelkom minister Barbara Creecy […]